Graag maak ek bekend dat Marthinus Jordaan se 3-volume
familieregister oor die Jourdan/Jordaanfamilie sowel as
sy proefskrif oor die geskiedenis van die familie nou in
elektroniese formaat by cdbooks-r-us beskikbaar is.
Die genealogiese register (Jourdan/Jordaanfamilie
in SA: 'n genealogiese register vanaf 1688)
beslaan 1615 bladsye en bevat 33,038 name in 12,433
families. Die inhoudsopgawe sowel as die voorwoorde en
inleiding kan op die webblad afgelaai word. Die boek kos
R275 (Aus$30, US$23, Can$31, €21, £18 NZ$33)
Marthinus se proefskrif oor die familiegeskiedenis (Die
Jordaanfamilie - 'n historiese ontleding van hul
genealogie en die vestiging van 'n toerismeroete), wat
ook onder die titel "Van Cabrieres D'Aigues tot Cap de
Bonne Esperance" verskyn, is ook as eboek beskikbaar.
Hierdie eboek van 333 bladsye kos R140 (Aus$15, US$12,
Can$16, €11, £9, NZ$17)
Om dit selfs meer bekostigbaar te maak, kan die twee
eboeke as 'n bundel aangeskaf word teen R330 ( Aus$36,
US$27, Can$37, €25, £22, NZ$39)
Meer inligting oor die eboeke is op die webblad
beskikbaar, waar bestellings ook geplaas kan word.
Betaling kan of per bankdeposito / oordrag in
Suid-Afrika gemaak word, of met PayPal vir diegene wat
buite SA woonagtig is. Betalingsbesonderhede sal op die
bestellingsvestigingsnota verskyn.
______________________________________________________________________________________
Genealogiese register van die Jordaans in Suid-Afrika
Het u geweet dat:
-
Die oorsprong van die
Jordaans teruggevoer kan word na 970 nC.
-
Daar is meer as 33 000
Jordaanname in die genealogiese register.
-
Hierdie is 'n ideale
geleentheid om 'n Jordaanfamiliebond op die been te
bring. So 'n bond sou 'n nuusbrief en saamtrekke kon
reël.
|
|
|
|
11 Neefs -
Oktober 2004, Sterkstroom Distrik |
|