. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
 
Tuisblad Opsomming Boeke Artikels Kontak
____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
 

. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

Opsomming

Die Jordaan-familie: n historiese ontleding van hulle genealogie en die vestiging van n toerismeroete in Suid-Afrika.
deur Marthinus Johannes Steyn Jordaan

  • Promoter : Prof. Dr S.L. Barnard

  • Co-promoter : Prof. Dr O.J.O Ferreira

  • Departement : Geskiedenis

  • Fakulteit : Geesteswetenskappe

  • Universiteit : Vrystaat

  • Land : Suid-Afrika

  • Graad : Philosophiae Doctor

Die oorsprong van die naam Jordaan dateer terug na die skepping en die naam Jordaan as familienaam tot 970 nC. Hierdie studie analiseer die geskiedenis van die Jordaan-familie sedert die ontstaan van die familienaam Jordaan in die suidweste van Frankryk in die distrik Beziers, die koms van die twee Jourdan-broers na Suid-Afrika as deel van die Hugenote tot die oneweredige verspreiding van die drie Jordaan-bloedlyne in Suid-Afrika en hulle verspreiding tot ongeveer 1955.

Die geskiedenis van die Jordaan-familie in Suid-Afrika kan slegs voldoende ontleed word deur die geskiedenis van die Waldensiese beweging, die ontstaan van die Hugenote en Protestantisme in Frankryk en ander lande in Europa, asook deur die geskiedenis van die VOC te hersien. Hierdie studie fokus op die deurlopende wisselwerking van aksies en reaksies tussen die Waldensiese en Hugenotebeweging aan die een kant en die Franse koning en die Rooms-Katolieke Kerk aan die ander kant. Die studie verduidelik hoe hierdie aksies en reaksies tot die uiteindelike koms van die twee Jourdan-broers as deel van die Hugenote na Suid-Afrika in 1688 gelei het.

Die projek dui ook aan dat ten spyte van die groot lewensverlies onder lede van die Waldensiese beweging sedert die 12 de-eeu, asook die Hugenotebeweging wat parallel met die sienings van Luther en Calvyn was,-die godsdiensbewegings vandag nog in verskeie wreld dele bestaan. Die onderdrukking van die twee bewegings in veral Frankryk het tot n groot uittog van Franse burgers na verskillende wreld dele gelei. Die uiteindelike koms van die twee Jourdan-broers na Suid-Afrika sou onder meer n blywende indruk op hulle nageslagte en andere in Suid-Afrika laat. Ook in die onderskeie gemeenskappe waar lede van die Jordaan-familie woonagtig sou wees, is daar vandag nog getuienisse van hulle teenwoordigheid.

Sedert die koms van die twee Jourdan-broers in Suid-Afrika sou hulle saam met die ander Hugenote aan die Kaap n stryd voer teen die VOC-owerheid vir godsdienstige, onderwys en ekonomiese regte in hulle nuwe omgewing. Hierdie studie dui aan wat die omstandighede van die Jourdan-broers was en wat hulle gedoen het om ekonomiese oorlewing te verseker.

Soos die getalle van die afstammelinge van die stamouers, Jean Jourdan en Isabeau le Long, toegeneem het, het die stelselmatige verspreiding van lede van die Jourdan-familie in Suid-Afrika begin. Die verspreiding begin in ongeveer 1741 en was teen 1955 bykans voltooi. Die studie dui aan hoe die verspreiding plaasgevind het en watter kulturele erfenis lede van die Jordaan-familie nagelaat het. Formules word gebruik om aan te dui wat die persentasie Hugenotebloed nog in die Jordaan-familie is.

n Kaart wat die verspreiding van lede van die Jordaan-familie aandui en n kaart wat onder meer strate en ander plekke aandui wat na lede van die Jordaan-familie vernoem is, is ook geteken. Die verhouding tussen kulturele erfenistoerisme van die Jordaan-familie en die genealogie van die familie word ook bespreek.
Die diskoers oor die oorsprong van die begrippe kultuur, erfenis en kulturele erfenis word breedvoerig bespreek. Hierdie gedeelte bespreek verder die begrip kulturele erfenis toerisme wat n nuwe konsep in Suid-Afrika is.

Die laaste gedeelte van hierdie studie bespreek die vereistes wat oorweeg behoort te word tydens die beplanning van n kulturele erfenisroete vir die Jordaan-familie. Daar is verskeie faktore wat oorweeg behoort te word met die beplanning en oprigting sowel as inrigting van n interpretasiesentrum op die aanbevole kulturele erfenisroete vir die Jordaan-familie

Aan die hand van die wetgewing en ander bepalinge word daar n voorgestelde model vir kulturele erfenis in Suid-Afrika voorgestel. Die beplanning van n kulturele erfenisroete van die Jordaan-familie wat insluit aspekte van volhoubaarheid, drakrag, die onderskeid tussen toeris en pelgrim en die vestiging van interpretasiesentra op strategiese plekke langs die roete, word bespreek.

Die verskillende voorstelle beteken dat daar waarskynlik uiteenlopende opinies oor die onderwerp sal wees. Daar sal moontlik ook verskillende interpretasies oor die onderwerp wees wat die diskoers sal stimuleer vir n groter debat. Uiteenlopende opinies beteken nie dat daar noodwendig n regte of verkeerde mening sal wees nie.

SLEUTELWOORDE:

Jourdan
Jordaan
Waldensers
Hugenote
Protestante
Rooms- katolieke Kerk
Genealogie
Kultuur
Erfenis
Kulturele erfenis
Toerisme
Roete
Geskiedenis
Familie

. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

 

   

           

                        

       

       

____________________________________________________________________________________