. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

Beste Jordaan Naamgenoot

GESLAGSREGISTER VAN DIE JORDAANS IN SUID-AFRIKA

Het u geweet dat:

- Die Jordaans se oorsprong tot 970AD teruggevoer kan word
- Daar in 2005 meer as 33 000 Jordaan name in die genealogiese register is (Nou reeds 50 200+)
- Die skrywer en sy vrou het gedurende 1995 9500 kilometers in Europa afgelÍ op 'n genealogiese toer om
  inligting vir die boek in te samel.

Ek sal bly wees as u so gaaf sal wees om asseblief die onderstaande vraelys noukeurig in te vul. Enige ander inligting waaroor u mag beskik kan u ook invoeg. Enige afskrifte van foto's of enige iets anders van belang soos koerant uitknipsels/aktes van Jordaans wat gebruik kan word sal baie waardeer word. Stuur dit gerus aan:  Posbus 11905, Universitas, Bloemfontein, 9321

Ek beplan om na aanleiding van ons toer gedurende 1995 'n Jordaan toergroep na Frankryk en Italië te neem om die herkoms van ons voorouers te besoek. So 'n toer beloof om baie interessant te wees vir die wat in ons herkoms belangstel.

Ek vertrou dat hierdie brief met sy gedagtes, antwoordvorm en vraelys u net so entoesiasties sal maak oor die Jordaans soos baie ander Jordaans in ons land.

Indien u ooit Bloemfontein besoek of hier verby ry, ek en my vrou is die eienaars van die B & B @ Bloem met sy eetplek Chez les Jourdan wat u moontlik kan beproef of ten minste kom koffie drink.

Jordaan groete
Marthinus Johannes Steyn Jordaan

www.mjsjordaan.co.za
navorsing@mjsjordaan.co.za

Sel: 084 577 3226
Faks: 051 522 2522