| 
						
						 
		
		  
						
						
						Graag maak ek bekend dat Marthinus Jordaan se 3-volume 
						familieregister oor die Jourdan/Jordaanfamilie sowel as 
						sy proefskrif oor die geskiedenis van die familie nou in 
						elektroniese formaat by cdbooks-r-us beskikbaar is. 
						 
						Die genealogiese register (Jourdan/Jordaanfamilie 
						in SA: 'n genealogiese register vanaf 1688) 
						beslaan  1615 bladsye en bevat 33,038 name in 12,433 
						families. Die inhoudsopgawe sowel as die voorwoorde en 
						inleiding kan op die webblad afgelaai word. Die boek kos 
						R275 (Aus$30, US$23, Can$31, €21, £18 NZ$33) 
						 
						Marthinus se proefskrif oor die familiegeskiedenis (Die 
						Jordaanfamilie - 'n historiese ontleding van hul 
						genealogie en die vestiging van 'n toerismeroete), wat 
						ook onder die titel "Van Cabrieres D'Aigues tot Cap de 
						Bonne Esperance" verskyn, is ook as eboek beskikbaar. 
						Hierdie eboek van 333 bladsye kos R140 (Aus$15, US$12, 
						Can$16, €11, £9, NZ$17) 
						 
						Om dit selfs meer bekostigbaar te maak, kan die twee 
						eboeke as 'n bundel aangeskaf word teen R330 ( Aus$36, 
						US$27, Can$37, €25, £22, NZ$39) 
						 
						Meer inligting oor die eboeke is op die webblad 
						beskikbaar, waar bestellings ook geplaas kan word. 
						 
						Betaling kan of per bankdeposito / oordrag in 
						Suid-Afrika gemaak word, of met PayPal vir diegene wat 
						buite SA woonagtig is. Betalingsbesonderhede sal op die 
						bestellingsvestigingsnota verskyn. 
						
		
		______________________________________________________________________________________ 
						
		 
		
		Die Jordaan-familie: ‘n historiese ontleding van hulle genealogie en die 
		vestiging van ‘n toerismeroete in Suid-Afrika 
						
						 |